Pippie's Testimony

2017-09-23-PHOTO-00000609.jpg

Pippie Kruger

Anice en Pippie (8)

Pippie se getuiens in tyd brokkies

Februarie 2017: 

Hoe begin mens verduidelik hoe jy voel? Family Hope Center se seminaar lê voor my en ek wonder, begin ek aan hoop gryp of bly ek twyfel? Ure op my kniee en toe gebeur dit, die Parent Training Conference waar ek hoop vir my kind se toekoms kry sonder n label. Drie en dertig ure, drie honderd liter koffie en hot chocolate later is ek gemotiveerd en ge"train" soos nog nooit van tevore sedert Pippie se ongeluk vyf jaar gelede . 

Junie 2017: 

Dis vier maande later en ek voel gelyktydig bang en opgewonde net soos ek gevoel het in Ferbruarie.  Dis evaluasie tyd en ek en Pippie klim op n vliegtuig na Family Hope Center in Amerika.

Hulle gee vir ons goeie nuus en die span rus my toe met n program spesifiek geformuleer vir Pippie se behoeftes nadat hulle haar noukeurig evalueer het. Vandat ek terug is kom die een verandering na die ander. Mense verwag seker soms groot dinge, maar ek sien die honderde klein veranderinge daagliks en weet dat alles okay gaan wees. Pippie kan nog nie onafhanklik sit nie, maar sy sit vir langer tye regop. Sy kan nog nie kruip nie, maar haar toontjies is so naby aan die "toe dig" wat nodig is om te kan belly crawl dat ek opgewonde raak oor die kattekwaad wat sy nog gaan aanvang as sy eers aan die kruip kom. Die verbetering in die elastisiteit van haar vel wat begin release en saam werk met minder pyn is vir my die mooiste ding in die wereld. Haar brein verbeter met funksies soos konsentraise, fokus en haar woordeskat het met omtrent 40 woorde verbreed. Ja, die proses is wel stadig, maar dis perfek vir my.  

Daagliks besef ek meer en meer hoe dankbaar ek is teenoor Family Hope Center vir die geleentheid om sulke groot veranderinge in Pippie te kan bewerkstellig met hulle program.  Ek wil herhaaldelik mense aanraai om te die Parent Training Conference by te woon. Wonderwerke gebeur en ek glo dit meer as ooit. Doen jou bes en God doen die res." - Anice Barnard from South Africa.